Pumas kry swaar teen Bulle
Net soos almal gedink het dit gaan wees, was die Pumas se VodaCom Cup wedstryd Vrydagaand teen die Blou Bulle op Loftus Versveld, een van moeiliker wedstryde in die jaar se kompetisie vir die span van Mpumalanga.
Pumas vleuel Braam Pretorius het die eerste punte op die telbord geplaas toe hy 'n strafskop deur die pale gejaag het. Hierdie eerste punte het wel die Pumas genoeg energie gegee om die eerste 40 minute alles in te sit. In die doodsnikke van die eerste helfde het die Bulle daarin geslaag om oor die doellyn te kom. Rustyd telling was 7-3 in die guns van die Bloues.
'n Meer georganiseerde Bulle span het die tweede helfde die veld opgedraf en binne die eerste paar minute nog punte op die bord bygesit. Onnodige foute aan die Pumas se kant het die span gekos. Veranderinge is aangebring en nadat hy skaars 'n paar minute op die veld was het Jaco Bouwer die eerste drie vir die Pumas gedruk. Braam Pretorius het met sy skopskoen seker gemaak die drie beteken 7 punte vir die besoekers.
Ongelukkig was die oomblik te groot vir die Pumas, want direk na die afskop het ernstige balbeheer probleme veroorsaak dat Zane Botha gaan druk. Marnitz Boshoff se skop was akkuraat. Die Bulle het teen die tyd 24-10 voorgeloop.
Steeds het die Pumas nie gaan lê maar voorgeveg soos 'n beseerde kat. Na uitstekende aanvallende spel van die Pumas het Eduan van der Walt die Pumas se tweede drie gedruk, maar dit was te min te laat.
Daar was slegs 'n handjie vol besoekers aan Loftus. Eindtelling 24-15.
Punte:
Vodacom Blou Bulle - Driëe: Okkie Kruger, Stefan Watermeyer, Zane Botha, Deon Helberg. Verdoel: Francois Brummer (2), Marnitz Boshoff. Strafskop: Brummer.
Pumas - Driëe: Jaco Bouwer, Eduan van der Walt. Verdoel: Braam Pretorius. Strafskop: Pretorius.
Pumas knip Valke se vlerke
In hul eerste Vodacom Cup wedstryd vir 2010, het die Pumas die Valke se vlerke geknip met 'n oorwinning van 54-17.
Die Valke moes vir 'n tyd lank met net 14 man speel nadat dié span van Kempton Park geelkaart na geelkaar ontvang het.
Nie eens die reën wat in Witbank uitgesak het, kon die Pumas keer om 8 keer punte in die doelgebied aan te teken nie. Drieë is gedruk deur Braam Pretorius (2), Jaco Bouwer (2), Allister Kettledas(2), Marius Coetzer en Hendrik van der Nest. Braam Pretorius het seker gemaak hy het sy skopskoen aan en het 7 van die drieë verdoel.
Die halftyd telling was 33-10.
Die Pumas het wel 'n paar keer amper punte afgestaan met onnodige foute. Gelukkig vir die tuisspan van Mpumalanga, was Dean Anderson van die Valke se korrel uit in sy aanlê pale toe.
Die Valke se twee drieë is gedruk deur Nico Claassen en Dieter de la Port. Dean Anderson het albei die drieë verdoel en het ook geslaag met een strafskop.
OTHER PUMA NEWS |
| SuperSport.com News | Rugby |
| Get all the latest Sport news and statistics. |
![]() |
|




