Bearding together for the kids

Steval Pumas banded brothers on a beard growing journey to raise funds for charity. Photographer: Andre Meintjies

Steval Pumas banded brothers on a beard growing journey to raise funds for charity.
Photographer: Andre Meintjies

The Steval Pumas are proudly showing their commitment to underprivileged children in the Lowveld, by deciding to go unshaven until 1 June, to raise awareness and funds for the Woodhouse Community Centre orphanage in Mataffin. Teaming up with local petrol provider and sponsor Milviforce Puma N4, the initiative aims to raise money for the construction of a much-needed library for the children.

The #Pumasbeardbrothers are encouraging members of the public to join the cause by growing their facial hair and donating the money normally used for shaving to the kids. A collection point will be set up at the Milviforce petrol station on the N4 just past i’Langa Mall, where you can also donate other items such as books and stationery.

Mpumalanga Rugby CEO Pieter Burger, who will also be putting down his razor, said that he was impressed that the idea had come from within the playing squad. “We are very impressed that the players came up with this idea themselves. It proves that they feel strongly about getting personally involved in bettering the lives of their community. We are always looking at worthy community initiatives to support throughout the year and this is the perfect start to 2017,” said Burger, who also expressed gratitude to Milviforce owner Tshepiso Phosa for partnering with the team. The teams’ beards will be kept in tip-top shape by Meyer Le Roux from Buffelsfontein Baard-Olie in Pretoria, who will be providing product, running fun competitions and sharing the initiative on social media.

The Steval Pumas hope that their whiskered journey will spread to friends, family and fans, giving children the opportunity to learn to read and expand their world.

Keep an eye on the Steval Pumas Facebook page, where you can keep track of the players’ progress.

 

Steval Pumas groei hul baarde vir ‘n goeie doel

Die Steval Pumas het met trots hul verbintenis met minderbevoorregte kinders in die Laeveld gewys deur ‘n besluit te neem om tot 1 Junie ongeskeerd te gaan. Hierdie poging is om bewustheid te skep en fondse in te samel vir die Woodhouse Gemeenskapsentrum kinderhuis in Mataffin. Hulle het saamgespan met die plaaslike petrol verskaffer en borg Milviforce Puma N4, en die inisiatief is daarop gemik om geld in te samel vir die bou van ‘n broodnodige biblioteek vir die kinders.

Die #Pumasbeardbrothers moedig lede van die publiek aan om mee te doen aan hierdie inisiatief deur hul baarde te laat groei en die geld, wat normaalweg gebruik sou word vir skeer-doeleindes, aan die kinders te skenk. ‘n Versamelpunt vir insamelings sal opgestel word by die Milviforce vulstasie op die N4 net verby I’Langa Mall, waar die publiek ook ander items soos boeke en skryfbehoeftes sal kan skenk.

Die uitvoerende hoof van Mpumalanga Rugby, Pieter Burger, wat ook sy skeermes sal bêre vir hierdie doel, het gesê dat dit hom beïndruk dat die idee van binne die groep gekom het.

“Ons is baie beïndruk dat die spelers self met hierdie idee vorendag gekom het. Dit bewys dat hulle sterk voel daaroor om persoonlik betrokke te raak by die verbetering van die lewens van die mense in hul gemeenskap. Ons is altyd op soek na waardige gemeenskaps-inisiatiewe om deur die jaar te ondersteun en hierdie is die perfekte begin tot 2017,” het Burger gesê en ook sy dankbaarheid uitgespreek teenoor die Milviforce eienaar, Tshepiso Phosa, vir die vennootskap met die span.

Die spanne se baarde sal in tip-top vorm gehou word deur Meyer Le Roux van Buffelsfontein Baard-Olie in Pretoria. Hulle sal die produkte verskaf, prettige kompetisies loots en die inisiatief op sosiale media deel.

Die Steval Pumas hoop dat hul baard-groei-inisiatief sal uitbrei na vriende, familie en ondersteuners, om sodoende die kinders die geleentheid te gee om te leer om te lees en hul wêreld uit te brei.

Hou gerus ‘n ogie oor die Steval Pumas se Facebook-blad, waar almal op hoogte gehou sal word van die spelers se vordering.

 

Attachment

Steval Pumas banded brothers on a beard growing journey to raise funds for charity.
Photographer: Andre Meintjies