Pumas kry swaar teen Bulle
Net soos almal gedink het dit gaan wees, was die Pumas se VodaCom Cup wedstryd Vrydagaand teen die Blou Bulle op Loftus Versveld, een van moeiliker wedstryde in die jaar se kompetisie vir die span van Mpumalanga.
'n Meer georganiseerde Bulle span het die tweede helfde die veld opgedraf en binne die eerste paar minute nog punte op die bord bygesit. Onnodige foute aan die Pumas se kant het die span gekos. Veranderinge is aangebring en nadat hy skaars 'n paar minute op die veld was het Jaco Bouwer die eerste drie vir die Pumas gedruk. Braam Pretorius het met sy skopskoen seker gemaak die drie beteken 7 punte vir die besoekers.
Ongelukkig was die oomblik te groot vir die Pumas, want direk na die afskop het ernstige balbeheer probleme veroorsaak dat Zane Botha gaan druk. Marnitz Boshoff se skop was akkuraat. Die Bulle het teen die tyd 24-10 voorgeloop.
Steeds het die Pumas nie gaan lê maar voorgeveg soos 'n beseerde kat. Na uitstekende aanvallende spel van die Pumas het Eduan van der Walt die Pumas se tweede drie gedruk, maar dit was te min te laat.
Daar was slegs 'n handjie vol besoekers aan Loftus. Eindtelling 24-15.
Punte:
Vodacom Blou Bulle - Driëe: Okkie Kruger, Stefan Watermeyer, Zane Botha, Deon Helberg. Verdoel: Francois Brummer (2), Marnitz Boshoff. Strafskop: Brummer.
Pumas - Driëe: Jaco Bouwer, Eduan van der Walt. Verdoel: Braam Pretorius. Strafskop: Pretorius.


